Musiekafdeling – Primêre Skool Gordonsbaai
Individuele onderrig word gegee in klavier, blokfluit en viool. Daar is ook groepklasse vir blokfluit en kitaar. Leerders word jaarliks ingeskryf vir die Stellenbosch en Helderberg Eisteddfods, sowel as die UNISA en Trinity musiekeksamens.
Primêre Skool Gordonsbaai het beide ‘n Juniorkoor (graad 1-3) en ‘n Seniorkoor (graad 4-7). Die seniorkoor het uitstekend presteer by die afgelope Helderberg Eisteddfod en het ‘n Goud+ toekenning ontvang. Die Juniorkoor het opgetree in die Strand Stadsaal as deel van Foyer Produksies se Fees van Musiek met Willem Botha. Dit was ‘n groot sukses en die leerders het die baie geniet!
Ons is ook baie trots op ons nuwe koorbanke. Na byna twee jaar se fondsinsamelingsprojekte kon ons nuwe koorbanke aanskaf wat nie net stewig en veilig vir ons leerders is nie, maar wat ook pragtig lyk!
By ons jaarlikse Kultuuraand het leerders wat goed presteer het by die Helderberg Eisteddfod die geleentheid gehad om voor hul familie en vriende op te tree. Die standaard van die leerders was van ‘n hoogstaande gehalte en dit was ‘n genotvolle aand vir almal teenwoordig.
Ons visie is om ons musiekafdeling uit te bou en jaarliks meer leerders te hê wat musiekonderrig ontvang. Ons wil graag meer ensembles op die been bring, insluitend blokfluit- en vioolensembles, en ons wil graag vir soveel moontlik leerders bekendstel aan die wondelike wêreld van musiek!
Musiekfooie 2020 |
|
1 x 30min les/week 2 x 30 min les/week |
R300 / maand x12 R540 / maand x12 |
Blokfluit – Groeplesse: 1 x 30min les/week Groeplesse: 2 x 30min les/week |
R270 / maand x 12 R520 / maand x 12 |