Pre-Primêr

Gordonsbaai Pre-Primêr is toegewy daaraan om die kind in geheel te ontwikkel;  om seker te maak dat jou kind emosioneel, sosiaal, kognitief, moreel en fisies ontwikkel.

Ons bied onderrig aan in Engels en Afrikaans.

Al drie die opvoeders is gekwalifiseer en het CAPS-opleiding gedoen.

Ons is bevoorreg om deel te wees van Gordonsbaai Primêre Skool, en het sodoende toegang tot die skool se fasiliteite.  Ons bied rekenaarlesse aan in die rekenaarsentrum, asook musiek- en beweging in die skoolsaal.

Ons volg daagliks ‘n stimulerende program met die kinders, wat wiskunde en geletterdheid insluit.

Die kinders by ons is 4-5 jaar oud in ons Graad 0, en 5-6 jaar oud in die Graad R-klasse.

Ons klastye is vanaf 08:00 tot 12:45.

 

Pre primary af

Volg Ons


Al die huidige nuus en veranderinge

Moompi

Moompi Nasionale Kinderbeskermingsprogram

moompiLees Meer